Projekte

VERVOERHULP

 casava_border 

Een van die belangrike maniere waarop André diens aan die gemeenskap lewer is om teen 'n minimale fooi te help met die aanry van oeste.  In die foto's word gewys hoe 'n bakkie-vrag vol cassava gelaai word.  Casava is ‘n patat-agtige wortelplant wat uit die grond getrek, afgeskil en drooggemaak word.  Dit word gemaal om pap-meel te maak  Mag ons hemelse Vader elke "aanry"-geleentheid gebruik om Sy plan deur te voer!

MEDIESE HULP

Mediese_hulp_border_klein

Mediese dienste op Quionga is baie beperk.  Met net 'n kliniek, wat soms sonder voorraad of opgeleide personeel moet funksioneer, bly die mediese nood op Quionga groot.

Anna-Marie spreek hierdie nood aan deur, op haar geduldige manier, wonde te verbind, raad te gee oor natuurlike medisyne en selfs "haar pasiënte" na die tyd te gaan besoek.

André word ook ingespan (meestal in die nag) om 'n noodgeval na die hospitaal op Palma te vervoer.  Die ambulans van dié hospitaal werk selde.

Lees in die nuuste Nuusbrief van talle geleenthede wat die Thiarts gehad het om op die manier mense te help.

Vir beide maniere om vertrouensverhoudings te bou is 'n 4x4 Voertuig nodig. Die Makwe Projek het DRINGEND 'n nuwe voertuig nodig!  

Sal u asb saam met ons bid vir hierdie geskenk uit die Here se hand?