Ruvuma Blog

Kom ons gesels saam....

Ruvuma nuusbrief

by Danie Murray
Danie Murray
Danie Murray has not set their biography yet
User is currently offline
on Mar 08 in Ruvuma nuusbrief 0 Comment

Dis heerlik om al die bekende gesigte weer te sien en dit voel of jy vir Krismis op jou ma se stoep staan en oorlaai word met kos en liefde. Ons gesels ’n hond uit ’n bos, drink saam koffie en word stil voor die Here.

Ruvuma Nuusbrief – Maart 2011

Hallo Danie & Bonnie,

Die jaarlikse saamtrek

Dit reën toe ons op Donderdagmiddag, 10 Februarie, by die pragtige Disakloof aankom. Louis Koekemoer-hulle verwelkom ons met ope arms en help ons inboek in ’n warm huisie saam met Koos Oosthuysen-hulle, nadat ons vroumense se dun lippies die manne oortuig het dat tent opslaan in dié nat weer huismoles gaan veroorsaak.

Dis heerlik om al die bekende gesigte weer te sien en dit voel of jy vir Krismis op jou ma se stoep staan en oorlaai word met kos en liefde. Ons gesels ’n hond uit ’n bos, drink saam koffie en word stil voor die Here.

As vennote van die sendingwerk in die Noord-Ooste van Mosambiek, is dit ons werk om hulle te ondersteun deur langs hulle te kom staan en te kom hoor wat hulle beleef – hoe hulle oorleef binne ’n vreemde kultuur en wat hulle uitdagings is.

Daar is groot dankbaarheid oor Kotie en Rina Smit van Nacala wat die ernstge kapmes-aanval op hulle oorleef het. Hulle deel met ons hoe die Here se genade met hulle was in daardie donker uur. Die aanval moet met n legkaart vergelyk word, sê hulle, jy moenie net fokus op een stukkie nie, maar jy moet na die geheel kyk om te sien hoe God werk. Ek sluk ’n groot knop weg as ek na hulle arms kyk wat nog in beskermingstutte is. Volgens hulle werk ’n vriendskapsbediening baie goed. Kotie noem dat hulle ’n voertuig benodig om hulle projekte suksesvol te kan bestuur.

André en Annemarie Thiart van Quionga was vir sewe weke in Tanzanië om Swahili te leer en vorder fluks. Daar isbaie potensiaal vir uitbreiding onder die Makondes, maar dis moeiliker met die Makwes waarvan byna almal Moslems is. Hulle vind dat verhoudingsbou steeds belangrik bly binne hierdie Moslem-gemeenskappe.

Dis lekker om weer vir John en Stephanie Roux ook weer te sien. John is nou ’n “nie-residensiële” sendeling en gaan net 2 tot 3 keer per jaar na Mosambiek. Dit is deel van die volgende fase van die Geletterdheidsbediening waarin die Mosambiekers kans gegee word om te begin leer wat dit beteken om onafhanklik te werk. Tot dusvêr het die werk baie gefokus op die ongeletterdes. Waneer John in SA is, is sy grootste taak nou om materiaal te ontwikkel vir die baie leiers wat SEMI-geletterd is.

Nelis Franken van Media for Missions kon in 2010 baie lektuur na Mosambiek neem aangesien hy nou ’n goeie voertuig tot sy beskikking het. Hy deel ons mee dat Hefsiba 4,000 boeke benodig om akkreditasie te kan verkry op internasionale vlak. En ek dink dadelik aan al ons tientalle ongebruikte boeke wat net wag om na Nelius geneem te word!

Kobus en Nana Eksteen is al amper drie jaar in Milange en ’n mens kan sien dat dit goed gaan met hulle. Kobus is bekommerd omdat die IRM-sendigkommissie nie die plekke besoek wat hulp nodig het nie, want inisiatiewe moet uit eie geledere befonds word. Nana het met kinderklubs begin en sal hierdie jaar alreeds 8 hê.

Dis hartseer as Johan en Annette Uys met ons deel hoe swaar dit vir hulle is dat die direkteur van die Landbou-projek dit wil oorgee aan die IRM; hulle wil op hulle eie voortgaan. Johan is besorg omdat hulle dit anders as hy sal vorm en bestuur.

Tony Grassner se Engelse klasse aan die leierskap van die kerk in Mosambiek het ook sy uitdagings – hy weet nie altyd of hulle hom verstaan nie, want hulle praat nie. Die volgende ses maande is krities – hulle sal dalk moet sluit.

Dirkie Meyer van die Gereformeerde kerk vertel ons van die kerkbouprojek in Makuba waar die fondasie nou gegooi is en dat dit gereed is sodat ’n staalstruktuur opgesit kan word. Die uitdaging sal wees om die staal en dakplate tot by Quilimane vervoer te kry.

Danie Murray wonder of die kommunikasie tussen ons en die mense van Mosambiek altyd effektief is. Hy is ook baie bewus van die uitdagings in die IRM, soos die finansiële oorlewing van gemeentes, die behoefte aan ’n predikante-konferensie en die behoefte aan rekenaarbegeleiding. Danie beklemtoon die nut van interkerklike tweelingverhoudinge en hoe dit gemeentes kan help om nie net vir hulleself nie, maar ook vir hulle dominees te kan sorg.

Mag die Here ons almal – kleine ou mensies – in hierdie vennootskap lei om mekaar te bemoedig en te versorg sodat ons, in SY NAAM al die uitdagings kan oorkom.

Groete
Mariëtte Odendaal


Wie en wat is Ruvuma?

Ruvuma is ‘n vennootskap van gemeentes wat by bedieninge/projekte in Noord-Oos Mosambiek betrokke is en die visie deel van ‘n Mosambiekse gemeenskap wat op Bybelse grondslag gedsippel sodat Christus alles en in almal kan wees. Ons moedig mekaar aan en leer by mekaar om beter ondersteuning te bied aan die werk waarmee die Here in Noord-Oos Mosambiek besig is, en in die proses die Here beter te leer ken

Uitnodiging

Gemeentes in Suid Afrika wat belang sou stel om by bedieninge/projekte in Noord-Oos Mosambiek betrokke te raak, of by 'n bosgemeente van die kerk in Mosambiek, is welkom om Herman te epos by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of te kontak op sy selfoon by 0825777038

Opgradering van die Ruvuma webblad bied voordele aan alle bedieninge

Ruvuma het meer as R11,000 bewillig om ons webblad se funksionaliteite te laat opgeradeer. Elke bedieninge sal in die toekoms hul eie inligting by www.ruvuma.org kan opdateer en publiseer. Om van hierdie funksionaliteit gebruik te maak, sal elke bediening 'n eenmalige R150 kos.

Ook sal elke bediening sy ondersteuners se informasie, insluitend e-pos adresse, in die agtergrond van die Ruvuma webtuiste kan byhou. Met die druk van een knoppie kan die bediening dan sy nuusbrief dan aan al die adresse in die databasis stuur. Nooit hoef jy weer bekommerd te wees oor hoeveel data dit jou gaan kos om 'n nuusbrief vol prentjies aan baie lesers uit te stuur nie en nooit weer hoef jy weer bekommerd te wees dat, as jou rekenaar iets oorkom, die inligting van al jou ondersteuners verlore sal wees nie. Hierdie fasiliteit, wat die uitstuur van een nuusbrief per maand insluit, sal elke bediening R50 per maand kos.

Ruvuma blog !

Vriende : Hier is nou geleentheid om aan ons eie blog deel te neem! Kom help deur betrokke te raak in gesprekke rondom sake waarmee ons almal sukkel, en mekaar se hulp nodig het.

Gaan kyk gerus by: http://mchost.co.za/~ruvuma/

TIW: SEMINAAR VIR UITREIKSPANNE

Die besonderhede van die seminaar is as volg:

Datum: 26 Maart 2011

Plek: Saal by First Love Kerk, Schwartzstraat 23, Wellington (langs die daghospitaal en aan die agterkant van die Andrew Murray Sentrum)

Tydsduur: 08:30 tot 14:00

Koste: R 60

Fasiliteerder: Ryk van Velden

Inskrywings: Kontak Ryk by 021 873 0025, of 082 857 4368, of by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Uitkomste:

Aan die einde van die toerusting behoort elke deelnemer:

1.       Ten minste die volgende boustene vir gesonde en vrugbare uitreike te verstaan:

a.       Waardes onderliggend aan enige korttermynuitreik

b.       Doel (Algemeen en spesifieke doel) van uitreike

c.       Leierskap en organisasie

d.       Verhoudinge: Span onderling; stuurders; plaaslike medewerkers; plaaslike gemeenskap

e.       Geestelike onderbou

f.        Interkulturele kommunikasie

g.       Afhanklikheid

h.       Praktiese voorbereiding

2.       Voldoende geleentheid gehad het om vrae te vra of om self inligting of kundigheid met die groter groep te deel;

3.       Gemotiveer te wees om uitreikspanne behoorlik voor te berei vir hulle dienswerk

2011 se datums om te dagboek

  • Ledevergadering te NG Piketberg : 4 Junie 2011

  • Besoek aan Milange in Mosambiek : 18 – 22 Augustus 2011

  • Ledevergadering te NG Villiersdorp : 3 September 2011

  • Ledevergadering te NG Swellendam : 5 November 2011

Groete

Herman

Tags: Untagged
Hits: 460

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment

Leave your comment

Guest
Guest Sunday, 20 May 2012

Coordination and communication



Hoop

Die huidige realiteit van kerk, regering, wereld, neig om mens in moedeloosheid te dompel. Saam met dit lyk dit dikwels of daar nie 'n salf is wat dit

Accident report

...

Lede van Gereformeerde uitreikspan skryf koerant artikel

Die uitreikspan het geleentheid gehad om saam 'n kort artikel vir 'n koerant geskryf. Die artikel demonstreer hoe die span God se hand beleef het tyde

The Visible Results of the Gospel

This article demonstrates practical results when church life and community life became one. How churches are discovering their calling in the communit

Fatalisme is sonde

...

Fatalisme is sonde

...

Suport ministries visit Milange for improving effectiveness

Vir 'n paar dae in Augustus het leiers van ondersteuningspanne van 'n paar bedieninge opgevlieg na Milange Mosambiek. Hulle het met hulle ewekniee in
Please first select your category from module configuration before proceed.
No post found.

EasyBlog Latest Comment

John Roux said, I think the whole concept of vision in a written form is to our African brothers (culturally) not e
Gerrie van Niekerk said, Dear Mosambique friends, Reading this Report was of great encouragement to me! See the questions be
Anton van Zyl said, So 70 minute in 'n klipharde rugbywedstryd is enige speler wat voluit speel, so moeg dat hy wil omva
Danie Murray said, Ek stem saam dat die realiteit is God en dat hy 'n transformerende God is. Die saadbeginsel wat op d
Danie Murray
19 post(s)
"Danie Murray has not set their biography yet"
herman van der merwe
"herman van der merwe has not set their biography y..."
Loading ...