Ruvuma Blog

Kom ons gesels saam....

Hoop

by Danie Murray
Danie Murray
Danie Murray has not set their biography yet
User is currently offline
on Mar 08 in Handevat 0 Comment
Die huidige realiteit van kerk, regering, wereld, neig om mens in moedeloosheid te dompel. Saam met dit lyk dit dikwels of daar nie 'n salf is wat dit kan genees nie. Dit is normaal om soms moed te verloor. Tog is daar 'n hoop wat meer is as enige realiteit. Hoop gebou op 'n realiteit van 'n Goeie God.

homeless_person_leslie_mayHonger_kindHopeloosheid drieg soms om oor te neem. Mens sien in jou eie gemeenskap dinge soos 'n oorgrote meerderheid van kinders wat sonder gesins waardes moet grootword. By wie gebrokenheid groter is as heelheid in huwelike en lewensvervulling. Daar is baie meer klagtes as vreugdes, meer ontvlugting as oplossings. Mense smag na liefde en aandag en word gewurg van die suurstof van liefde. Dan is daar nog die Mosambiekers waaronder mens werk wat vasgevang is in 'n baie onfunksionele kerk en vreesagtige gemeenskap wat op korrupsie en manupilasie funksioneer. Wanneer daar dan gewys op gemeenskappe wat getransformeer moet word is die reaksie van baie dat dit nie moontlik is nie. Mens kan grotendeels hoop op een of twee persone wat beinvloed kan word, maar gemeenskappe in die realiteit waarin ons  lewe verander nie.

rayOfHopeIn die wurggreep soek ek weer na hoop. Hoop wat nog kan droom oor 'n beter toekoms hier op aarde al. Hoop wat glo dat daar 'n moontlikheid in die lewe is dat daar gemeenskappe kan wees wat vir mense wat nie liefde ken nie, liefde kan wys; hulle wat waardigheid verloor het, weer waardigheid kan gee; sekuriteit kan bied vir die wat bang is; genesing kan bied met ongeneeslike siektes al is dit nie fisiese genesing nie; wat vergifnis kan leef teenoor skuldenaars; wat die gif van verbittering kan uithaal in die lewens van die wat onregverdig behandel is of verneder is; wat die afbrekende waardes van status, besit, verkeerde plesier en mag, uit sisteme kan uithaal. Selfs al is die gemeenskappe klein. Hoop wat glo dat klein tekens van hoop kan groei soos saad wat ontkiem. As hierdie hoop dood is, dan is daar geen bestaansreg vir die Handevat bediening nie, so ook nie vir gemeente wees in die kerk nie. In die soektog het ek op die volgende afgekom:

Hoop is nie afhanklik van resultate nie. Ek maak weer 'n keuse om hoop te lewe, want hoop is 'n werkwoord. Of hoop nou deur my pogings gaan realiseer of nie, ek besluit om te leef asof dit gaan gebeur, want ek glo nog steeds dit kan realiseer hier in die donker wêreld.

Your_existence_gives_me_hopeDie strategie om daar te kom is minder belangrik as die geloof daaragter, wat glo dat hoop kan realiseer. Strategie kan en moet gedurig evalueer word. Op die stadium lyk die Handevat bediening se strategie as volg:

http://mchost.co.za/~ruvuma/index.php?option=com_content&view=article&id=14&Itemid=91

Ek nooi jou uit om die strategie te help aanpas sodat dit ook joune kan word, maar bo dit om saam met my te besluit om te hoop. (werkwoord). Dit is my en Handevat se bestaansreg. Selfs of dit slaag of nie, ek gaan baie met Hom baklei dat dit moet slaag daarin om mense te help al verander net ek. Die vervulling lê in die besig wees met Hoop!

Ons kan as hoopvolle mense besig wees met ons broers in Mosambiek, selfs al wil die vyeboom nie bot (Habakuk).

Tags: Untagged
Hits: 691

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment

Leave your comment

Guest
Guest Sunday, 20 May 2012

Coordination and communication



Hoop

Die huidige realiteit van kerk, regering, wereld, neig om mens in moedeloosheid te dompel. Saam met dit lyk dit dikwels of daar nie 'n salf is wat dit

Accident report

...

Lede van Gereformeerde uitreikspan skryf koerant artikel

Die uitreikspan het geleentheid gehad om saam 'n kort artikel vir 'n koerant geskryf. Die artikel demonstreer hoe die span God se hand beleef het tyde

The Visible Results of the Gospel

This article demonstrates practical results when church life and community life became one. How churches are discovering their calling in the communit

Fatalisme is sonde

...

Fatalisme is sonde

...

Suport ministries visit Milange for improving effectiveness

Vir 'n paar dae in Augustus het leiers van ondersteuningspanne van 'n paar bedieninge opgevlieg na Milange Mosambiek. Hulle het met hulle ewekniee in
Please first select your category from module configuration before proceed.
No post found.

EasyBlog Latest Comment

John Roux said, I think the whole concept of vision in a written form is to our African brothers (culturally) not e
Gerrie van Niekerk said, Dear Mosambique friends, Reading this Report was of great encouragement to me! See the questions be
Anton van Zyl said, So 70 minute in 'n klipharde rugbywedstryd is enige speler wat voluit speel, so moeg dat hy wil omva
Danie Murray said, Ek stem saam dat die realiteit is God en dat hy 'n transformerende God is. Die saadbeginsel wat op d
Danie Murray
19 post(s)
"Danie Murray has not set their biography yet"
herman van der merwe
"herman van der merwe has not set their biography y..."
Loading ...