Ruvuma Blog
Kom ons gesels saam....
Wie was daar
Hennie van Deventer (Bybelmedia; Nehemia kursus)
Ryk van Velden (Interkulturele opleiding)
Danie Murray
Bonny Murray
Herman vd Merwe (Voorsitter)
Ab Ijzerman (Wes-Kaap VGK predikant en klasmaat van Danie)
Kobus Odendaal (KGA)
Danie Murray snr (Danie se pa; Kuilsrivier gemeente)
Libby Beck (Deur Skype van Marlow gemeente Engeland)
Opening
Bonny lees gedeeltes wat Tannie Hilda Obermeyer (voorbidder), wat nie meer sulke vergaderings self kan bywoon nie, vir haar deurgegee het. Dit is verse waaroor sy aangespreek voel tov die Handevat bediening.
Is daar 'n behoefte waaraan die bediening 'n verskil kan maak?
Vanuit die opening word dadelik oorgegaan in 'n gesprek oor die bestaan van 'n behoefte. Daar word eenparig vanuit al die deelnemers saamgestem dat die behoefte wel bestaan. Die behoefte is egter nie net in Mosambiek nie maar net so groot onder ons eie geledere as ondersteuners. Ons het mekaar nodig. Die Handevat bediening het dus volgens almal 'n bestaansreg.
Is daar ondersteuning vir die bediening?
Daar word gewys op die tekort van die begroting. Dat die bediening 'n bestaansreg het, beteken nie dat die bediening outomaties suksesvol sal wees en fondse sal hê en nie, daar sal hard daaraan gewerk moet word.
Die deelnemers aan die vergadering is nie mense wat die bediening met fondse sal kan help nie, maar maak baie waardevolle voorstelle in die verband. Die volgende opsies sal ondersoek word:
Baie van die bedieninge wat van Handevat gebruik maak sal nie sommer bo en behalwe hulle eie uitgawes, verder bydraes kan maak vir die Handevat bediening nie, maar dit kan ondersoek word of daar dalk 'n gedeelte van die kostes gedra kan word.
Ander belangstellendes moet opgesoek word om die bediening spesifiek te ondersteun.
Daar kan ook gekyk word na bedieninge met dieselfde strategiee.
Die ander opsie is dat daar vir 'n gedeelte van die jaar 'n tentmaker bediening bedryf sal word. Dit het ook die voordeel dat daar voeling gehou word met die lewenswêreld van meeste van die ondersteuners en dit gee ook meer geloofwaardigheid vir die boodskap wat mens oordra in Mosambiek.
Om self geld te vra is 'n ongemaklike deel van die werk, maar as mens 'n soort van 'n advokaat het wat die saak kan stel, help dit baie, al maak hy net die afsprake. So 'n persoon sal met tyd op hoogte gestel moet word aan die hart van die bediening om ook die werk verder bekend te kan stel. Dit kan ook meer as een persoon wees.
Bestuur van die bediening
Herman, Danie en Marius Oosthuizen van Helderberg gemeente, gaan die strategie verder uitwerk vir die bemarking waarin ook die behoefte van nog mense in die bestuur bekend gestel sal word. Een tot een gesprekke is belangrik.
'n Moontlike vennoot is "gestuurde gemeentes" van Communitas saam met Federick Marais.
Goedkeurings
Ons keur die program van handevat goed, alhoewel daar voorgestel is om die eerste vertrek datum van 6 Mei dalk bietjie uit te stel om meer tyd te gee vir bemarking.
Behoeftes van kerk in Mosambiek
Ons gesels oor die behoeftes van die dominees (lees meer hieroor). Ondersteuning begin inkom, maar ons sal moeite moet doen om die kerk te help om die konferensie wat hulle wil hou gestruktureerd te hou. Ons bid en soek dus verder vir 'n geskikte fasiliteerder van die gesprekke.
Oor die jeugwerk behoefte (lees meer hieroor), word genoem dat ons 'n rol het om die kerk hierin by te staan. Ons moet voort gaan met die gesprekke hierrondom. Die kerk besef die behoefte, maar sien ook dat die Sondagskool en katkisasie sisteem nie lekker werk nie en hulle is bekommerd daaroor. Ons kan gerus hiervoor bly bid.
Ons het nie tyd gehad om die ander behoeftes te bespreek nie.
Ons groet mekaar en (ten minste ek, maar ek dink ook die ander) voel aangeraak dat die Here besig is met Sy werk.
Leave your comment