Ruvuma Blog

Kom ons gesels saam....

Handevat se fasiliteringsproses saam met die IRM

by Danie Murray
Danie Murray
Danie Murray has not set their biography yet
User is currently offline
on Oct 23 in Handevat 0 Comment
Wees getuie van hoe die Here die kerk begelei deur die vrees vir geeste, verby afdraaipaaie van mag status en posisie. Hoe lidmate begin besef dat hulle die belangrikste agtente van God se werk in die gemeenskap is. Verder hoe 'n gevoel ontwikkel vir 372 dorpies in die Noorde wat nie weet wat 'n kerk en wie Jesus is nie.

Soos beleef veral in gemeentebesoeke

20110914_Danie_Marongani_besoek_ouderlinge_Samuel_PedroVanaf Milange laai ek my tentjie en slaapgoed agter op Bileam, die 50cc motorfietsie, en beweeg uit na gemeentes saam met dominees wat deur die sinode aangewys is om saam met my te beweeg . Die besoeke vind ook plaas op versoek van die IRM. In elke gemeente sien ek die dominee en sy gesin eerste en daarna spandeer ons ongeveer 12 ure saam met die ouderlinge en gemeentelede wat vir die byeenkoms bymekaar gekom het vanaf die gemeente se verskillende kerkies.

20110914_Somme_Marongani_gemeente_Wouter_JordaanMet die besoek in September 2011 is daar begin met die vraag oor hoekom sommige gemeentes nie regkry om programme deur te voer nie. Die ouderlinge het verskeie antwoorde gegee wat ons dan verder na aanleiding van teksverse ondersoek het.

Verhoudings het gewoonlik ‘n groot rol gespeel en agv ‘n paar jaar se worstel met verhoudinge tussen ouderlinge en dominees, het die saak dikwels na vore gekom. Suspisie, leierskapstyl en swak verstaan van kerkwees het bygedra hiertoe.

My werk is om die gesprekke so te fasiliteer dat daar ontdek wat die doel van gemeente wees is. Eerstens moet die gemeente mense help om teen vrees vir geeste en familie, vertroue oor te plaas van ‘n tradisionele geloof na die Here. Dit is ‘n baie moeilike en seer proses en ons het mekaar nodig om hierin te vorder. Daar moet weg beweeg word van ‘n veroordelende houding na mekaar help. Joh 3:17.

Verder het ‘n gemeente ‘n roeping om hulle gemeenskap en die wêreld te help om op Bybelse beginsels te funksioneer. In die Noorde van Mosambiek is 400 dorpies ondersoek en slegs 28 het kerkies gehad. Die res weet niks van wat Kerk, die Here of Christenskap is nie. Die saak het bv ‘n ouderling laat opmerk dat ons slaap!

Wat leierskap styl betref gaan ons deur ‘n proses om te ontdek dat lidmate die groot mag van die kerk is om God se plan uit te leef. (Toe ek gevra het wat die rol van ‘n lidmaat is, het ek die antwoord gekry: Hulle moet luister)!! Dit is ook ‘n groot kopskuif van tradisionele denke. Ouderlinge is nie die lidmate se base nie, maar kom staan onder hulle om hulle te ondersteun in die geweldige taak in die wêreld. Die dominee regeer ook nie van bo nie, maar kom staan heel onder, onder die ouderlinge om hulle te bedien en toe te rus vir hulle taak om die lidmate te ondersteun. Status, posisie en mag vernietig te veel van die kerk se inisiatiewe, ons moet eerder ons krag weggee aan lidmate sodat hulle die werk kan doen. Om te gee is beter as om te ontvang. As ons die Lewe wil he, moet ons die lewe weggee! Fil 2 word gebruik om Christus se gesindheid te omskryf en daar word gesê dat ons dieselfde gesindheid as Christus moet he.

Hierdie gesindheid pas ons dan ook prakties toe deur siekes en verwerptes te gaan besoek. Juis die mense waarvoor hulle bang is om te besoek. Hulle word dan bedien en voor gebid. Juis dit wat die gemeenskap nie verwag nie. Vir baie is dit ‘n baie belangrike toepassings ervaring om verwerptes te bedien.

So word talle misverstande oor kerkwees hanteer. Dinge soos: Afrika is vervloek van Gam se dae of, of fisiese werk is ‘n vloek van die sondeval af. (vergeet dat die mens al voor die sondeval al gevra is om te werk).

20110914_Samuel_Pedro_Danie_maak_video_MaronganiUit die verlede is geleer dat finansies ook ‘n geweldige negatiewe invloed op baie verhoudinge op baie vlakke het. In die verlede het die plaaslike dominees my nie toegelaat om openlik hieroor te praat nie, maar nou het 4 van 5 gemeentes my nie net toegelaat om dit te doen nie, maar gepleit dat ons nou die saak moet aanspreek. Dinge kan nie aangaan soos dit nou aangaan nie. Ek vat dan ‘n paar uur om op ‘n blaaibord papier uit te werk wat kos die vervoer van ‘n dominee om sy kerkies te besoek soveel soos die ouderlinge wil he hy moet dit doen en al sy ander werk. Dit werk op die ou end op R500 per maand uit vir sy vervoer. Dan plaas ek op die tafel die gemeente in RSA wat in vennootskap met hulle as Mosambiekse gemeente wil gaan. Die RSA mense dra dan by tot die vervoer probleem, maar wat eet die ds en gebruik hy om kliniek toe te gaan as sy kind siek is ens. Dit is dan die gemeente se verantwoordelikheid. Die dominee het meer uitgawes en as hulle as gemeente nie help nie, dan moet hulle die dominee meer tyd gee om in sy eie tuin te werk. Ek speel dan ‘n videotjies van die ondersteunende gemeente en stel hulle so aan mekaar bekend. Hulle kan dan ook in ‘n videotjie antwoord op die boodskap van die ondersteuners.  Die basis is dat die twee gemeentes in vennootskap gaan want saam wil hulle die 372 dorpies in die noorde bereik met God se goeie boodskap.

Een van die groot uitdagings in die proses is ook om gemeentes te laat ontdek dat: Waarlik die Here is goed. Alles wat hy doen is goed. Swaarkry is deel van die lewe, maar dit se nie dat God verder weg beweeg of hulle verwerp nie.

Verder moet daar ook dikwels gegrawe word tussen baie rommel wat die Misleier ingebring het om weer te ontdek wat beteken liefde.

Ek kan ongelukkig nie by al die punte uitkom wat ons bespreek nie en ek kan ook nie die proses volledig weergee nie. Hierdie is maar ‘n kort opsomming met die doel om ‘n beter verstaan te vestig oor hoe die proses in Mosambiek lyk. Die proses word dan ook voort gesit op sinodale vlak. Verder word die proses ook in die verskillende bedieninge soos geletterdheid, medies en rentmeesterskap bevorder. Die ondersteuners in RSA moet groei in hulle verstaan van die proses asook in verstaan van God se wil hierin, sodat effektiewe bystand gelewer kan word.

Tags: Untagged
Hits: 309

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment

Leave your comment

Guest
Guest Sunday, 20 May 2012

Coordination and communication



Hoop

Die huidige realiteit van kerk, regering, wereld, neig om mens in moedeloosheid te dompel. Saam met dit lyk dit dikwels of daar nie 'n salf is wat dit

Accident report

...

Lede van Gereformeerde uitreikspan skryf koerant artikel

Die uitreikspan het geleentheid gehad om saam 'n kort artikel vir 'n koerant geskryf. Die artikel demonstreer hoe die span God se hand beleef het tyde

The Visible Results of the Gospel

This article demonstrates practical results when church life and community life became one. How churches are discovering their calling in the communit

Fatalisme is sonde

...

Fatalisme is sonde

...

Suport ministries visit Milange for improving effectiveness

Vir 'n paar dae in Augustus het leiers van ondersteuningspanne van 'n paar bedieninge opgevlieg na Milange Mosambiek. Hulle het met hulle ewekniee in
Please first select your category from module configuration before proceed.
No post found.

EasyBlog Latest Comment

John Roux said, I think the whole concept of vision in a written form is to our African brothers (culturally) not e
Gerrie van Niekerk said, Dear Mosambique friends, Reading this Report was of great encouragement to me! See the questions be
Anton van Zyl said, So 70 minute in 'n klipharde rugbywedstryd is enige speler wat voluit speel, so moeg dat hy wil omva
Danie Murray said, Ek stem saam dat die realiteit is God en dat hy 'n transformerende God is. Die saadbeginsel wat op d
Danie Murray
19 post(s)
"Danie Murray has not set their biography yet"
herman van der merwe
"herman van der merwe has not set their biography y..."
Loading ...