Ruvuma Blog
Kom ons gesels saam....
EK is na die konferensie se bietjie wat ek bygewoon het baie oortuig dat ons met siek fatalisme te doen het hier binne RSA. Ons glo nie meer God kan wonders doen en groot dinge vermag nie. God se droom vir SY Wes Kaap en Mosambiek is vir baie baie van ons nie eers 'n vae droom nie.
Wat ons vir mekaar se gebeur op die uiteinde! Dis die probleem! Kom ons neem God op sy beloftes en glo dat HY werklik die Skepper is wat deur te spreek , skep
Comments
So 70 minute in 'n klipharde rugbywedstryd is enige speler wat voluit speel, so moeg dat hy wil omval. Ons deel in 'n stryd wat veel meer van ons vra as 'n rugbywedstryd - dit tap ons op alle menslike vlakke tot die uiterste toe - fisies, psigies en geestelik. Dit is van hierdie "ge-tap-geit" wat ek gehoor het by van die deelnemers, die moegheid, die moedeloosheid die "op-geit", maar ook van die HOOP, die uitsien na die wending en die verwagting dat ons Here sal deurkom met 'n werking van Sy Gees wat ons menslike insette sal omskep in bakens van seen en van Sy teenwoordigheid in gemeenskappe wat so verlore is dat hulle nie eers self onrdentlik weet hoe nodig hulle(ons) Hom het nie!!
Ek stem saam dat die realiteit is God en dat hy 'n transformerende God is. Die saadbeginsel wat op die laaste dag bespreek het, het volgens my uitgewys dat God groot transformasie in gedagte het en dat dit nie Sy wil is dat ons fatalisties moet bly nie. Transformasie stories is volop nie net van individue nie maar ook van gemeenskappe en dit was die direkte gevolg van gehoorsaamheid wat weer die gevolg is van God se reddende genade, liefde en diens wat Hy aan ons bewys het.