Ruvuma Blog
Kom ons gesels saam....
Behoefte en nood word gesien, en dan word grotendeels vanuit buite bronne en leierskap (al word saam gewerk) nood aangespreek.
of
Sien en vestaan mense leierskap en bronne in die teiken area en gebruik en ontwikkel dit met sendeling of beweging wat voorbeeld stel van dit waarna gestreef word.
Paar los gedagtes van my kant af:
· Ontwikkelingswerk – ook van die kerk – was en is dikwels nog steeds ingebou in Afrika rondom mense se behoeftes/needs – genoem die needs based model – waar opnames gedoen word wat mense se hulle nodig het en dan word daar (soms saam met hulle) planne gemaak om hulle te help. Die lokus van beheer lê meesal by die befondsers en kundiges van buite.
· Daar is toenemend `n skuif na `n sogenaamde “asset based model” toe waar daar gekyk word na watter bates in die gemeenskap is en hoe hulle dit kan gebruik om te doen wat hulle wil doen (bates lê op sosiale, geestelike, ekonomies en ekologiese vlakke) Saam hiermee skuif die prosesse in gemeenskappe ook na prosesse waar die gemeenskap toenemend beheer het oor wat hulle wil doen, hoe hulle dit wil doen en hoe daarvoor betaal gaan word. Die lokus van beheer/verantwoordelikheid skuif hier na die plaaslike gemeenskap en hul leiers toe. Ek heg vir julle paar bladsye aan met so `n raamwerk wat ons in ons werk gebruik.
· Dit beteken dus ook da tons as “buite” mense se rolle skuif gedurende projekte en ons moet bewus wees daarvan en dit uitklaar met plaaslike mense.
· Deel van die leerproses van alle mense, is om binne konteks te sien wat mense doen, daaroor te reflekteer en dan te besluit of jy dit ook wil doen. Binne die landboukonteks is dit dus baie belangrik om `n learning site te hê waar mense nuw idees kan sien (soos bv Farming God’s Way, Holistiese Bestuur, Permaculture ens ens)
· Die gee van “handouts/geld/toerusting/voertuie ens ens” vir mense is seker een van die moeilikste sake in ontwikkeling, aangesien daar so `n fyn lyn is tussen om mense toe laat om verantwoordelikheid vir hul eie lewe te neem en om dit weg te neem of om hulle oor probleme te help wat hulle nie kan oplos nie.
Sterkte met julle beplanning oor wie julle as stuurspan wil wees, die uitklaring van julle verhouding met die sinode, wat julle op die grond wil doen en die uitklaring van julle verhouding met julle “sendeling”
Groete
Jozua
Leave your comment