Visie

Article Index
Visie
Read vision in English
All Pages

Terug na Handevat se inligting bladsy

Handevat vereenselwig homself met die Ruvuma visie, maar is besig om sy eie visie uit te werk. Op die stadium noem ons dit 'n intensie en ek som hierdie intensie in my eie woorde as volg op:

Wat wil die Handevat bediening doen?

Handevat wil volwasse geloofsgemeenskappe sien in Mosambiek en daarom ook by die ondersteuners.

Dit word gedoen deur middel van die stigting van nuwe en versterking van bestaande vennootskappe, want ons leer meer as ons saam is, saam met mekaar werk en met mekaar te deel. Dit word gedoen deur toerusting van die vennote deur: beter verstaan van mekaar; groei in kommunikasie; bewus te wees van slaggate in interkulturele verhoudinge en om die fondasie in Christus te bevorder.

Hoekom?

Vir die bevryding van die gemeenskappe in Mosambiek en ook by ondersteuners, maar ook sodat die gemeenskappe met die gevolg dan die areas in Noord-Oos Mosambiek bereik sal word, daar waar die bevrydende boodskap nog nie gehoor en gesien word nie.

Hoekom is die Handevat inisiatief nodig?

Dit is nodig omdat daar talle uitreike na Noord-Oos Mosambiek is met baie goeie bedoelings, maar wat dikwels baie oppervlakkige invloed het en heel dikwels selfs negatiewe invloed het. Verhoudings is nog gebou op baie aannames wat nie waar is nie.

Terug na Handevat se inligting bladsy